Henri de Toulouse-Lautrec

Henri de Toulouse-Lautrec
Geboortenaam Henri Marie Raymond de Toulouse-Lautrec-Monfa
Gebore (1864-11-24)24 November 1864
Albi, Frankryk
Sterf 9 September 1901 (op 36)
Saint-André-du-Bois, Frankryk
Laaste rusplek Cimetière de Verdelais
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Veld Skildering, kunsdruk, illustrasies
Beweging Post-Impressionisme, Art Nouveau
Werke Die Wasvrou, Aristide Bruant in Sy Kabaret, By die Moulin Rouge, Ambassadeurs, Die Mediese Ondersoek, Portret van Vincent van Gogh

Henri Marie Raymond de Toulouse-Lautrec-Monfa (24 November 1864 – 9 September 1901), ook bekend as Henri de Toulouse-Lautrec, was ’n Franse skilder, kunsdrukker en illustreerder wie se uitbeelding van die kleurryke en teatrale lewe in die Parys van die laat 19de eeu ’n versameling opwindende, elegante en uitlokkende werke van die moderne en soms dekadente lewe van die tyd tot gevolg gehad het. Toulouse-Lautrec is onder die bekendste skilders van die Post-Impressionistiese periode, ’n groep wat Cézanne, Van Gogh en Gauguin ingesluit het. In 2005 is ’n nuwe rekord by Christie's opgestel toe Die Wasvrou, ’n vroeë skildery, vir $22,4 miljoen (destyds sowat R142 miljoen) verkoop is.[1]

  1. Berwick, Carly (2 November 2005). "Toulouse-Lautrec Drives Big Night at Christie's" (in Engels). Nysun.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 12 Augustus 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search